Boeke gepubliseer



  • Hierdie boek is ’n verkorte weergawe van beroemde motiveerders se riglyne om suksesvol te wees in wat jy wil doen.
  • Dit gee vir jou die basiese beginsels van sukses om jou doelwitte te realiseer.
  • Dit inspireer jou om positief te bly en te volhard in jou aksies om suksesvol te wees.
  • Agter in die boek kan jy skriftelik sukses-oefeninge doen.
  • Met hierdie boek kan jy ook jou kinders leer om suksesvol te lewe.
Begin ‘n lewe van sukses   R155

_________


 
Wat het jy dringend nodig?
Wat wil jy baie graag regkry?
Watter droom wil jy laat waar word?  


Dan is Hennie se nuutste boek GLO, om te kry wat jy nodig het, net die boek vir jou! Jy kan kry wat jy vir ʼn betekenisvolle lewe nodig het, deur te glo. Om te glo, behels ʼn spirituele krag waaroor elke mens beskik – ook jy. Die uitdaging is net om hierdie krag te kan uitoefen. ʼn Sielkundige studie van Jesus se lewe as mens wys hoe Hy vir ons die voorbeeld gestel het om te glo.  Omdat liefde die grondslag van glo is, bevat die boek ook 31 Dagstukke waarin  gewys word  hoe Jesus liefde vir almal gegee het as voorbeeld hoe ons dit ook moet doen. 

                    Bestel boek per telefoon by: On The Dot : 0861 668 368

_________





In hierdie boek staan die volgende aspekte uit:-

1) Die boek is uniek omdat dit die eerste boek in Afrikaans is wat vanuit die Spirituele Sielkunde, wat tans na vore tree, geskryf is.‘nVerduideliking word gegee van wat hierdie sielkunde behels en hoekom dit in ons era ontstaan. Met hierdie sielkunde word bespreek hoe die mens sy probleme kan oorwin.

2) Die boek handhaaf die stelling dat die lewe vol kontraste is en ‘n verduideliking word gegee hoekom dit die geval is, naamlik dat alle dinge relatief is. Met ander woorde niks bestaan op sy eie nie, dit bestaan in relasie met sy teenoorgestelde. So byvoorbeeld bestaan liefde in verhouding met haat, en plesier bestaan in verhouding met die pyn van probleme.
  As gevolg van hierdie feit is die siening dat negatiewe teenpole soos byvoorbeeld haat of twyfel of pyn die gevolg van sonde is, nie korrek nie.

3) Die kontras van siel en liggaam vorm die kern van die boek en die klem word daarop gelê dat jy as mens ‘n siel met ‘n liggaam is, en nie ‘n liggaam met ‘n siel daarin nie.
  Die boek wys hoe jy as siel jou probleme met sielskrag kan oorwin. Die klem word gelê op die mens se verantwoordelikheid om met sy sielskrag sy probleme te oorwin en om nie voortdurend slegs vir God te vra om dit vir hom te doen nie.

4) ‘n Verdere unieke aspek van die boek is dat die nuwe siening oor wie God is gehandhaaf word, naamlik dat God nie ‘n persoon is nie maar ‘n spirituele krag wat in alle dinge en in mense werksaam is. God is in jou en bewerk dinge in jou lewe wat jou ten goede strek..
 

5) Die boek is veral daarop gemik om die leser te help om die betekenis van sy lewe te vind en uit te leef en nie toe te laat dat sy probleme hom daarin stuit nie.

(Die boek is tans beskikbaar en kan hier bestel word.)

_______________________________________________________________



DIT IS HENNIE SE NUUTSTE BOEK
 
Hierdie boek  is ’n Engelse vertaling van die boek : Hoekom is ek hier? wat’n top verkoper was en drie maal herdruk is en nog steeds in aanvraag is.  
Die boek is deur Logos Boeke gepubliseer, waarvan Hennie die eienaar is.

“To exist with meaning” is nou ook as e-boek beskikbaar by Amazon.









Hoekom is ek hier?Human en Rousseau 1998

Dit was Hennie se eerste boek en handel oor die siening van Viktor Frankl wat die betekenis van jou lewe is. Dit is in die vorm van ‘n kursus geskryf met 30 afdelings wat in een maand gevolg kan word. Dit het ‘n praktiese toepassing by elke deel. Die leser word gehelp om die betekenis van sy lewe te vind en hoe hy dit moet verwesenlik.

Frankl is van mening dat die mens se grootste motivering en behoefte nie daarin bestaan om sy seksuele behoeftes te bevredig nie, ook nie om sy mag te beoefen soos Adler gedink het nie – dit bestaan in die soeke na sy betekenis en om dit te vervul.  Dle klem word daarop gelê dat jy slegs gelukkig kan lewe wanneer jy jou unieke betekenis vervul asook wanneer jy die lewe vir jou betekenisvol maak. Soos Hennie self sal jy besef dat niks jou help om gesond te bly en krisisse te oorwin soos die wete dat jy nog ‘n lewensdoel het wat jy wil vervul nie.

_______________________________________________________________

Wat is my siel?Logos boeke
Dit is noodsaaklik om hierdie boek te lees aangesien dit verduidelik hoe ons van die siel vergeet het asook van die betekenis van ons lewe en in ‘n materialistiese leefwyse beland het wat ons vernietig.

  Die boek bespreek wat die siel is en hoe dit jou help om die betekenis van jou lewe te vervul. Dit verduidelik hoe die sieninge van Plato en Descartes ons mislei het om te dink dat die siel êrens in ons verskuil lê en hoe ons die bygeloof ontwikkel het om te dink dat alles slegs om ons liggame in vorm gaan. Gepaard daarmee het ons vir baie jare slegs op die uiterlike sigbare dinge in vorm gefokus en van die siel vergeet. Met die industriële revolusie het mense begin om slegs op die fisiese dinge met vorm te fokus wat daartoe aanleiding gegee het dat hulle ‘n materialistiese lewe geskep het waarin dit slegs om die fisiese dinge met vorm gaan. Die tegnologie het ongelooflike dinge geskep wat almal graag wil hê. Hierdie leefwyse vernietig ons omdat ons hard moet werk teneinde die rekenings te betaal van al die vormlikke dinge wat ons gekoop het. Tans wil mense nie meer hierdie dinge hê nie. Hulle is op soek na die onsigbare spirituele dinge wat betekenis aan die lewe gee.

  ‘n Spirituele ontwaking het ontstaan waarin besef word dat jy nie ‘n siel hèt nie maar dat jy ‘n siel is. Dit word besef dat jy nie jou liggaam met ‘n siel is nie, jy is ‘n siel met liggaamlike ervarings. In detail word bespreek wat jou aard en eienskappe as siel is. As siel kry jy die insig oor wat die betekenis van jou lewe is en help jou om die betekenis van jou lewe te vind en uit te leef. Verder word  gewys hoe die mens as siel nou na vore tree in die wetenskap, die godsdiens en die kerk asook in die sielkunde.

  Op ‘n praktiese wyse word jy as siel gelei om jou sielseienskappe te laat geld in jou alledaagse lewe. Daar word ook gewys hoe demokrasie ontstaan het teneinde die vryheid van die mens as siel te laat geld, maar hoe daar nog nie in geslaag word nie as gevolg van die oorheersende materialisme wat slegs op die uiterlike ding in vorm konsentreer.

(Die e-boek YOU ARE A SOUL is nou by Amazon-Kindle beskikbaar)

 _______________________________________________________________

Breek weg en begin lewe Human en Rousseau

 

Die boek handel oor die huidige tendens by mense om weg te breek van die gejaagde materialistiese leefwyse, veral in die stede, wat hulle vernietig en êrens in die boendoe in afsondering  gaan bly teneinde die betekenis van lewe te ervaar en spiritueel te ontwikkel. Dit word bespreek hoe jy dit kan regkry met die instelling om slegs die dinge wat jy nodig het te bekom en nie al die dinge wat jy wil hê nie. Die geheim is om drie dinge te doen naamlik: vereenvoudig, vereenvoudig vereenvoudige jou leefwyse.

  Daar word egter ook leiding gegee aan diegene wat nie kan wegbreek van die plek waar hulle bly nie en hoe hulle te midde van hul materialistiese omgewing moet leef teneinde spiritueel te ontwikkel en gelukkig te lewe en die ware betekenis van lewe te ervaar.

  Aangesien Hennie self weggebreek het en in ‘n klein dorpie in die Karoo gaan bly het, vertel hy van sy lewe in eenvoud weg van die eise van ‘n materialistiese omgewing en hoe dit sy spirituele ontwikkeling bevorder het en ‘n ongekende gelukkige lewe meegebring het. Daar kan hy sy unieke taak om die betekenis van sy lewe te vervul, naamlik om boeke te skryf.

  (Hierdie boek is twee maal herdruk maar is tans uitverkoop.)