Meer omtrent die skrywer

ABOUT THE AUTHOR

Hennie J. de Villiers is the top-writer in South Africa of books on the meaning of your life. He has a degree in theology and a doctorate in psychology and is a registered psychologist. He acted as professor and subsequently established a fulltime practice. He is now retired and a full time writer.

Hennie’s theoretical knowledge, combined with a life-time of experience, has made him a well-known and much loved thought leader helping people in a practical way to apply their spiritual power in order to fulfil their meaning. He has an existential-psychological approach in all his writings.

Hennie's motto:

"Nothing helps man to overcome his problems and survive and to keep healthy like the knowledge of a life task." - Viktor E. Frankl.


OOR DIE SKRYWER

Hennie J. de Villiers is ‘n geregistreerde sielkundige en het ‘n diploma in teologie en ‘n doktorsgraad in sielkunde. Hy was dosent asook Professor aan twee universiteite, waarna hy voltyds gepraktiseer het. Hy is tans afgetree en skryf boeke voltyds.

Hy is ‘n navolger van die eksistensiële sielkunde, wat hy doseer het, en maak dit van toepassing in sy boeke. Sy boeke het hom gevestig as Afrikaanse skrywer van leservriendelike boeke oor die mens se betekenis van lewe.

Hennie is die top-skrywer in Suid-Afrika van boeke oor wat die betekenis van die mens se lewe is en hoe sy spirituele krag hom in staat stel om dit te verwesenlik. Hy is ‘n aanhanger van Viktor Frankl in die verband. Frankl se leuse word in al sy boeke asook ook in sy eie lewe gehandhaaf, naamlik: Niks help jou om jou probleme te oorwin en te bly lewe soos die wete dat jy nog ‘n taak het wat jy wil verrig nie.

Hy is ‘n bekende skrywer onder lede van Leserskring aangesien hulle drie boeke van hom aan hul lesers verkoop het. Hy is veral bekend as die skrywer van die boek Hoekom is ek hier? wat ‘n topverkoper was. Dit is deur Human & Rousseau gepubliseer en is drie maal herdruk. Die boek is nou in Engels beskikbaar met die titel To exist with meaning.


Toekenning

Hennie het ‘n toekenning van die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging ontvang vir sy bydrae tot die bevordering van Afrikaans deur middel van die publikasie van sy boeke.


Nuwe insigte

Hennie is die voorstander van kopskuiwe en handhaaf dit in sy skrywe, veral in sy boek Wat is my siel? So byvoorbeeld stem hy saam met die siening dat God ‘n spirituele krag in die heelal is en nie ‘n persoon wat êrens in ‘n hemel op ‘n troon sit en regeer nie.

In sy nuutste boek Ontdek jou sielskrag en oorwin jou probleme kom hy met die siening na vore dat die spirituele  sielkunde tans ontstaan het en wat dit behels. Hy het ook die nuwe siening dat die lewe uit kontraste bestaan omdat alle dinge relatief is. Met ander woorde dinge bestaan nie op hul eie nie, dit bestaan in relasie met iets anders. Net soos Einstein die deurbraak gemaak het om in sy relatiwiteitsteorie dit in te sien dat die fisieke dinge relatief is, het Hennie die siening dat die nie-fisieke dinge ook relatief is. So byvoorbeeld kan liefde nie sonder haat bestaan nie en geloof kan nie sonder twyfel nie. Hy glo dat die volle implikasie hiervan verder deur lesers uitgespel sal word veral ten opsigte van die vraag of daar wel so iets soos sonde is.


Uitdaging aan lesers

Hennie maak in sy skrywe nie daarop aanspraak dat sy nuwe denke die waarheid is nie, hy wil daardeur die leser prikkel om verder te dink. Hy waarsku egter dat die baba nie met die vuil water weggegooi mag word nie, soos byvoorbeeld om nie meer in God te glo omdat die oortuiging bestaan dat God nie êrens in ‘n hemel as ‘n persoon op ‘n troon sit en regeer nie. Net so mag daar in die nuwe sieninge oor wie Jesus was, wat nou oral na vore kom, nie met Hom weggedoen word nie. Dit moet ten minste raakgesien word dat Jesus ‘n profeet was wat vir ons geleer het hoe ons in liefde en deernis met ons naaste moet saamlewe.


Nuwe denke oor die spirituele dinge

Hennie sê die volgende: “Aangesien my skrywe as sielkundige daarop gerig is om alle mense in alle godsdienste te help om die betekenis van hul lewe te vind en te vervul, beskou ek dit as noodsaaklik om elkeen daarop te wys dat hy/sy oor spirituele vermoëns beskik wat hom/haar daartoe in staat stel.

Alhoewel dit die algemeen aanvaarde opvatting is dat die sielkunde alle vorms van waarneembare en onwaarneembare gedrag bestudeer, het die spirituele aspek van die mens in die tradisionele sielkunde nie tot sy reg gekom nie omdat dit as die terrein van die godsdiens beskou word. Carl Yung en Viktor Frankl het egter in hulle tyd reeds daarop gewys dat die spirituele dinge ’n integrale deel van die mens se gedrag vorm. 

Hedendaags word dit ’n tendens by al meer sielkundiges om navorsing te doen oor die rol wat die mens se spirtuele vermoëns in sy lewe speel en hulle gee hul bevindinge daaroor weer en pas dit in hul hulp aan mense toe. Die dogmatiese sieninge van godsdienste word egter nie gehandhaaf nie en die postmoderne standpunt word gevolg dat sieninge wat in die verlede as die waarheid geag was nie noodwendig korrek is nie.

Ek noem dit die spirituele sielkunde wat nou ontstaan het. Tans is ek ‘n navolger van die spirituele sielkunde en noem myself  ’n   spirituele sielkundige. 
Met hierdie benadering word soms weggedoen met die godsdienstige sieninge van my lesers wat van kleintyd by hulle vasgelê is en sommige mag ontstel. In my nuwe boek Ontdek jou sielskrag wys hy daarop dat die lewe uit kontraste bestaan omdat alle dinge relatief is. Met ander woorde niks bestaan op sy eie nie maar in relasie met iets anders, soos byvoorbeeld liefde teenoor vrees (met dinge soos haat en vergelding), geloof teenoor ongeloof en plesier teenoor pyn (ook die pyn van probleme). Baie mense skryf die negatiewe pole van dinge aan sonde toe, maar die vraag waaraan ons nou aandag moet gee is of daar wel so iets soos sonde is.

My uitdaging aan my lesers is om kopskuiwe te maak en saam met my nuut te dink oor wat die spirituele dinge behels. Ek kry soms ’n nuwe gedagte en verwag van my lesers om dit verder uit te bou.

Die teikenmark in my nuwe denke oor die spirituele dinge is veral diegene wat weggedoen het met die dogmatiese leerstellinge van hul godsdiens en in ’n eksistensiële vakuum beland het omdat hulle nie weet wat om nou te glo nie. Vir hulle wil ek help om nuwe sieninge oor die spirituele dinge te kry wat vir hulle aanvaarbaar is en hul lewens verryk, teneinde ’n lewe met betekenis te handhaaf.

Ek neem nie deel aan die neiging by sommige om slegs ou denkwyses oor die spirituele dinge af te skiet en niks in die plek daarvan te stel nie. Daarom waarsku ek teen die gevaar om die baba saam met die vuil water weg te gooi, soos byvoorbeeld om met ’n nuwe denke oor wie God is, nie meer in God te glo nie. So ook om met nuwe sieninge oor wie Jesus was, nie meer sy navolger te wees omdat dit nie ten minste besef word dat hy ook ’n profeet was wat vir ons kom leer het oor hoe ons ’n betekenisvolle lewe op hierdie planeet moet voer nie.”

Stuur asseblief jou nuwe insigte oor die spirituele dinge aan hom by
info.logosbooks@gmail.com.