LOGOS BOEKE

Hennie is die eienaar van Logos boeke. Die doel van Logos Boeke is eerstens om boeke van Hennie te publiseer soos dit die geval was met sy boeke Wat is my siel? en  To exist with meaning. Die doel van hierdie besigheid is verder om al die boeke en e-boeke wat Hennie reeds geskryf het te bemark.

Die naam Logos boeke is afkomstig van die betekenis van die Griekse woord logos. Logos dui nie slegs op die begrip ‘woord’ soos dit in die Bybel voorkom nie. Dit dui ook op die begrip ‘betekenis’ (Engels meaning). Vandaar dat Viktor Frankl sy terapie logoterapie noem wat daarop gemik is om iemand te help om die betekenis van sy lewe te vind.

Die e-pos adres van Logos Boeke is:
info.logosbooks@gmail.com.