WELKOM BY HENNIE
SE BLOG
Foto: Frieda van der Walt
Hennie
is ‘n navolger van Viktor Frankl en die
sentrale tema van Hennie se boeke handel daaroor dat jy ‘n unieke betekenis op
hierdie planeet het en hoe jy dit kan vind en vervul.
In
sy nuutste boeke fokus hy op die mens se spirituele kragte, (‘n aspek wat in
die sielkunde nie tot sy reg kom nie,) en hoe dit hom in staat stel om sy
unieke betekenis te vervul.
Hy
wys daarop dat jy lewenstake het om te vervul en dat dit nooit ophou nie – dit
is ‘n missie wat jy vervul tot die dag van jou dood. Hennie se lewensmissie was
nog altyd om mense te help om ‘n betekenisvolle lewe te leef. Hy het dit in
verskillende beroepe beoefen en is tans nog steeds besig om hierdie missie te
vervul deur middel van die skryf van boeke.
Frankl
se spreuk is Hennie se motto naamlik ---
Daar is niks wat jou gesond aan die
lewe hou soos die wete dat jy 'n taak het om te verrig.
Hy is die eienaar van Logos boeke wat sy boeke publiseer en bemark. Sien Logos boeke op hierdie blog.
Hy is die eienaar van Logos boeke wat sy boeke publiseer en bemark. Sien Logos boeke op hierdie blog.
Hennie vra jou hulp
Hennie
vra die lesers van sy boeke om hul
opinie oor aspekte van sy skrywe vir hom te stuur by info.logosbooks@gmail.com asook om hierdie blog vir ‘n
vriend/vriendin te stuur.