Friday 3 May 2013

Tuisblad

WELKOM BY HENNIE SE BLOG

Foto: Frieda van der Walt

Hennie is ‘n navolger van Viktor Frankl  en die sentrale tema van Hennie se boeke handel daaroor dat jy ‘n unieke betekenis op hierdie planeet het en hoe jy dit kan vind en vervul.

In sy nuutste boeke fokus hy op die mens se spirituele kragte, (‘n aspek wat in die sielkunde nie tot sy reg kom nie,) en hoe dit hom in staat stel om sy unieke betekenis te vervul.

Hy wys daarop dat jy lewenstake het om te vervul en dat dit nooit ophou nie – dit is ‘n missie wat jy vervul tot die dag van jou dood. Hennie se lewensmissie was nog altyd om mense te help om ‘n betekenisvolle lewe te leef. Hy het dit in verskillende beroepe beoefen en is tans nog steeds besig om hierdie missie te vervul deur middel van die skryf van boeke.

Frankl se spreuk  is Hennie se motto naamlik --- Daar is niks wat jou gesond aan die lewe hou soos die wete dat jy 'n taak het om te verrig. 

Hy is die eienaar van Logos boeke wat sy boeke publiseer en bemark. Sien Logos boeke op hierdie blog.
                                           
Hennie vra jou hulp

Hennie vra die lesers van sy boeke om hul opinie oor aspekte van sy skrywe vir hom te stuur by info.logosbooks@gmail.com asook om hierdie blog vir ‘n vriend/vriendin te  stuur.